Make Text Bigger Make Text Smaller Reset Text Size
Tuisblad arrow Still Ruimte
Springfield Toevlugsoord PDF Druk Epos
Hoe sal jy daarvan hou om die geleentheid te hê om te kan rus, ontspan en bid in die vredevolle Springfield Toevlugsentrum?

Die pas opgeknapte sentrum voorsien van ʼn geleentheid wat ʼn mens nie moet misloop nie.  Behalwe die kapel, is daar die allemooiste afgekampte tuin wat ʼn mens ʼn heilsame plekkie verskaf om “ʼn rukkie te kom en rus” (Mk 6:31) 

 

Image

Die Dominikaanse toevlugoord in Convent pad, Wynberg, Kaapstad, bestaan vir diegene, wat graag die rumoer van die moderne lewe wil ontvlug, om tyd te besteer aan rustigheid,stilte, gebed en bepeinsing.

Die sentrum het sewe slaapkamers en deelnemers kan vrylik die pragtige kapel en tuin geniet. In die tuin kry ʼn mens pragtige uitsig van die beroemde Tafelberg.

Die Dominikaanse gemeenskap nooi graag almal uit om die Eucharistie met hulle te deel en saam die gebede-intensies van deelnemers en andere voor die Here te hou.

Image

 

Veritas Dominikaanse Toevlugsoord, Springfield
 
        Convent Pad
        Wynberg
        7800
        Tel: (021) 7614221
        Kaapstad Suid Afrika


Cape Town, South Africa

 

 
< Vorige   Volgende >